Die Bron Kerk Willowbridge
🎶 DIE BRON BAND NOOI JOU UIT OP ’N MUSIKALE REIS DEUR TYD! 🎶
Kom geniet ’n heerlike aand vol treffers uit die dekades en sing saam met ons tydens een van ons twee spesiale live-vertonings! 🎤🎸
📅 27 & 28 November
🕖 19:00
🎟️ Kaartjies beskikbaar op iTickets – op QR kode hier onder
💰 Volwassenes: R120 | Kinders onder 12: R60
Hierdie vertonings is deel van ’n fondsinsameling vir Die Bron Band, met die doel om fondse in te samel vir nuwe toerusting. Elke kaartjie help ons om ons musiek en bediening verder uit te bou. ❤️
👨👩👧👦 Bring jou familie, vriende en bure saam en kom geniet ’n onvergeetlike aand van musiek, nostalgie en lekker saamkuier!
Ons sien uit om dit saam met jóú te geniet 🎶✨


2 October 2026
Ons gaan saam as gemeente ’n tyd van Vas & Gebed binne — elke Woensdag, heeldag. Ons vas nie vir ons eie deurbrake nie, maar om God te soek, Hom beter te leer ken en ruimte te maak om Sy stem te hoor. Ons lees ook 'n nuwe Bybel leesplan uit Galasiers, klik vir meer inligting

2 October 2026
INVASION YOUTH se nuwe tye is Vrydagaande van 19:00 - 21:00 in Die Bron Teater! Nou kan ons Gr 8-12's Vrydae aande die Jeug bywoon en Sondae of die dienste bywoon of betrokke raak by FIREKIDS as Teamfire Volunteers. Nie tydens vakansie of langnaweke nie

2 October 2026
Sondae se audio diens is gratis beskikbaar op Potgooi! Jy hoef niks te mis nie, kan elke boodskap luister wanneer jy wil, asook 'share' met familie/vriende oral. Klik vir meer info. Elke Sondag oggenddiens om 10.00 word ook ge-livestream op YouTube https://www.youtube.com/@diebron/streams

21 August 2026
Die Bron Vrouenaweek vind plaas Vrydagaand 21 Augustus om 19.00 en Saterdag 22 Augustus 09.00 - 13.00 met die tema: VRAE LEI NA GROEI, waar ons saam gaan gesels en groei uit die Woord oor God se vrae aan ons en ons s'n aan Hom. Klik hier om te registreer