28.08

Vas saam met ons

 🌿 VAS & GEBED | SAAM AS GEMEENTE 🙏
Ons doen saam ’n tyd van Vas & Gebed — elke Woensdag, heeldag.
Ons vas om God te soek, Hom beter te leer ken en ruimte te maak om Sy stem te hoor. ❤️
“Lees Bybel, om God te leer ken. Vra: Wys my U gesig. Openbaar U heerlikheid aan my. Ek het vernuwing in my liefde vir U nodig.”
Terwyl ons vas, gaan ons as gemeente saam die YouVersion-leesplan volg:
Kom ons soek Hom saam. Kom ons bid saam. Kom ons verlang saam na Sy teenwoordigheid. 🙌
🔥 Elke Woensdag. Een gemeente. Een fokus: Jesus.
BELANGRIKE NOTA:
As ’n volledige vas van kos vir jou weens mediese redes of medikasie nie veilig of moontlik is nie, vas van lekkernye, sosiale media, ‘devices’, vermaak en spandeer daardie tyd saam met God en Sy Woord.

Deel met vriende

Vorige Byeenkomste

28.08

Potgooi & Live stream

28 August 2026

Sondae se audio diens is gratis beskikbaar op Potgooi! Jy hoef niks te mis nie, kan elke boodskap luister wanneer jy wil, asook 'share' met familie/vriende oral. Klik vir meer info. Elke Sondag oggenddiens om 10.00 word ook ge-livestream op YouTube https://www.youtube.com/@diebron/streams

21.08

Vrae lei na groei

21 August 2026

Die Bron Vrouenaweek vind plaas Vrydagaand 21 Augustus om 19.00 en Saterdag 22 Augustus 09.00 - 13.00 met die tema: VRAE LEI NA GROEI, waar ons saam gaan gesels en groei uit die Woord oor God se vrae aan ons en ons s'n aan Hom. Klik hier om te registreer

23.07

Huweliks Kursus

23 July 2026

Henry & Justine Pike bied 'n voorhuweliks- of 'Refreshers' Huweliks Kursus aan Donderdag- en Vrydagaand 23 & 24 Julie en Saterdagoggend 25 Julie in die Funksie lokaal Bespreek by henry@diebron.co.za Belê in jou huwelik en sien die vrug daarvan in jou lewe!

25.05

Vat Woord Kort Kursus

25 May 2026

Kom woon ons Vat Woord Kort Kursus by waar Gary spesifiek gaan gesels uit die Woord oor Jesus in die Ou Testament Deel 2. Maandagaand 25 Mei is die laaste in die reeks om 19.00 Almal welkom, toegang gratis