By FIRE KIDS is elke kind belangrik! Ons bedien elke kind van 0 tot 13 jaar met die Woord van God en leer hulle om ’n passievolle liefde vir Jesus te ontwikkel.
Ons besef dat 80% van mense wat hulle lewens aan God toewy, dit tussen die ouderdomme van 4 en 14 doen, en dat die eerste twee jaar van ’n kind se lewe uiters belangrik is. Dit is gedurende hierdie vormingsjare dat kinders baie van wat hulle leer as feite aanvaar. Daarom is dit ons voorreg en verantwoordelikheid om hulle van jongs af met die waarheid van God se Woord te bedien.
Elke kind het geestelike behoeftes, en dit is ons taak om ’n sterk fondasie in hulle lewens te bou — ’n fondasie op die Rots, Jesus Christus. Ons mandaat en missie is om die belofte van Spreuke 22:6 in die volgende generasie te sien waar word: ’n generasie wat nie maklik deur leuens mislei word nie, wie se fondasie op Waarheid gebou is en wat die wêreld aansteek met hulle passie vir Jesus.
Spreuke 22:6
“Voed ’n kind op volgens die pad wat hy moet gaan en wanneer hy oud word, sal hy nie daarvan afwyk nie.”
Eerste keer by FIRE KIDS?
Besoek ons NEW KIDS-tafel om te registreer.
Vir meer inligting oor FIRE KIDS-klasse of om uit te vind hoe jy betrokke kan raak, kontak ons FIRE KIDS-kantoor by firekids@diebron.co.za.



5 Jul 2016


12 Jul 2016


12 Jul 2016


14 Jul 2016
| Vuurvliegies |
0-2jaar, 10:30 – 11:30 FIRE KIDS lokaal, Pers klas |
| Flitsies |
3-4jaar, 10:00 – 11:30 FIRE KIDS Lokaal, Blou klas |
| Vonkies |
5-6jaar, 10:00 – 11:30 |
| Fireworks |
Gr1-2, 10:00 – 11:30 |
| Vuurpyle |
Gr3-4, 10:00 – 11:30 |
| Ignite |
Gr5-6, 10:00 – 10:30 DIE BRON lokaal, Geel klas |
| Heat |
Gr7, 10:00 – 10:30 FUNKSIE Lokaal, Grys klas |
Registrasie op Sondae:
09:30 – 10:00
KLASSE IS GESLUIT TYDENS SKOOLVAKANSIES EN LANGNAWEKE
Eerste keer by FIRE KIDS? Besoek ons NEW KIDS tafel om te registreer
Kontak Nadia vir meer inligting
Kantoor ure: 08:00 – 16:00
T: 0763054922

19 August 2023
Ons volgende opleiding vir nuwe Volunteers by FIRE KIDS se #Teamfire vind plaas op Saterdag 19 Augustus van 09.00 - 15.00. Kom leef jou passie vir Jesus uit en kom leer hoe om jou persoonlike verhouding met God te ignite en dit dan vir kinders te leer. Kontak firekidswerkers@diebron.co.za meer