Ons is dankbaar vir elke persoon wat tiendes en offergawes bydra tot uitbreiding van die Koninkryk by Die Bron. Ons bid vir baie seën op julle, julle families, besighede en gesondheid en dat julle mag deel in Sy veelvuldige oes.
Die Woord sê wat ookal jy saai, sal jy maai. God sê dit want Sy hart is om jou te seën en jou deel te maak van ‘n veelvuldige oes. Die gesindheid waarmee jy gee, is vir God net so belangrik as dit wat jy in jou hart besluit het om te gee, want God hou van ‘n blymoedige gewer.
Dit is ‘n geweldige voorreg om vir God te kan gee. Wanneer ons gee, deel ons in Sy natuur want God is die grootste Gewer. Dit is uit dankbaarheid vir Sy goedheid in ons lewens, dat ons met groot vreugde en entoesiasme gee.
Jy kan ook van jou tyd gee deur betrokke te raak as volunteer by een van ons bedieninge.
Daar is ook debietorder fasiliteite beskikbaar, vir meer inligting kontak ons kantoor by info@diebron.co.za
Jy kan ook ‘n bydrae maak via Snapscan, sien QR Kode hier onder. Nou ook met ‘n ‘repeat payment’ opsie vir ‘n gereelde maandelikse bydrae:
First National Bank (FNB)
Rekeningnaam: Die Bron
Rek No: 62318713006
Takkode: 260 217