Baie welkom by ons! Of jy net inloer en of jy ‘n lidmaat is, ons wil jou aanmoedig om ten volle vir God te lewe. Hy skenk ons elkeen ‘n spesifieke tyd op aarde en om jou lewe onvoorwaardelik vir Hom te gee, is die beste en wysste besluit wat jy ooit kan neem!
Op hierdie manier leer jy Hom ken vir die Goeie Vader wie Hy is. Hieruit vloei ‘n diepe wete van Sy liefde vir jou en wie jy in Christus is, wat lei tot groot vrymoedigheid om Sy ambassadeurs te wees en andere ook aan Hom voor te stel.
By Die Bron sal jy die Woord van God prakties beleef sodat jy kan groei en oral waar jy gaan die aangename geur van die kennis van Christus kan versprei.