Ons bied gereeld kort kursusse of Bybelstudies aan oor spesifieke temas soos bv. Geloof, Ons pad met God en Jesus in die Ou Testament. Dit vind gewoonlik plaas vir ‘n hele maand, elke Maandagaand. Hou gerus ons afkondigings en sosiale media dop of kontak info@diebron.co.za vir die volgende Kort Kursus. Kom en laat toe dat die Woord van God jou lewe aanraak en transformeer. Die kursusse word gratis aanbebied.