
7 September 2026
Ons nooi alle Manne om by ons aan te sluit vir ons Boeta Aande. Die eerste Maandag van elke maand vir 3 maande lank om 19:00. Kom leer oor jou aandeel om generasies te kan beinvloed volgens God se Woord, aangebied deur Gary Kieswetter

28 August 2026
Ons gaan saam as gemeente ’n tyd van Vas & Gebed binne — elke Woensdag, heeldag. Ons vas nie vir ons eie deurbrake nie, maar om God te soek, Hom beter te leer ken en ruimte te maak om Sy stem te hoor. Ons lees ook 'n nuwe Bybel leesplan uit Galasiers, klik vir meer inligting

28 August 2026
INVASION YOUTH se nuwe tye is Vrydagaande van 19:00 - 21:00 in Die Bron Teater! Nou kan ons Gr 8-12's Vrydae aande die Jeug bywoon en Sondae of die dienste bywoon of betrokke raak by FIREKIDS as Teamfire Volunteers. Nie tydens vakansie of langnaweke nie

28 August 2026
Selgroepe is waar kerk prakties word en ons mekaar ondersteun en opbou. Kontak ons kantoor om uit te vind van 'n selgroep vir jou! Daar is 'n groot verskeidenheid selle waar jy kan inskakel. Tans werk ons selle deur Jakobus, hoofstuk vir hoofstuk en vers vir vers, kom leer saam!