09.11

Raak deel van 'n selgroep

Ons selgroepe is waar kerk prakties word. Dit is waar ons mekaar opbou en ondersteun. Ons ‘fellowship’ met mekaar as deel van die liggaam van Christus is nodig vir ons geestelike ontwikkeling en groei. Jesus het ons aangemoedig om nie die byeenkomste van die gelowiges te versuim nie omdat Hy die waarde daarvan verstaan. Hier word die Woord ook prakties in die vorm van gemeenskapsprojekte.

Daar is verskeie selgroepe regoor die Kaap waar jy kan betrokke raak soos ‘n mans sel, vrouesel, oggendselle, young adult selle, gemengde groepe, Trauma sel, Rise verslawings ondersteunings sel, ‘n selgroep vir Tiener Ouers en Refire Club (‘n lekker kuier geleentheid vir 55+ dames) so kontak gerus vir info@diebron.co.za vir meer inligting.

 

Deel met vriende

Vorige Byeenkomste

09.11

Potgooi & Live stream

9 November 2025

Sondae oggende se audio diens is gratis beskikbaar op Potgooi! Jy hoef niks te mis nie en kan elke boodskap luister wanneer jy wil, asook dit 'share' met familie en vriende oral. Klik vir meer info. Elke Sondag oggenddiens om 10.00 word ook ge-livestream op YouTube https://www.youtube.com/@diebron/streams

08.08

God my alles

8 August 2025

Wil jy God beter leer ken en jou verhouding met Hom verdiep? Kom sluit dan aan by Die Bron se Vroue naweek wat plaasvind Vrydagaand 8 Augustus 19.00 - 21.00 en Saterdag 9 Augustus 09.00 - 12.30. Die tema is: God my alles. Toegang gratis, geen registrasie benodig nie.

09.11

Fresh Start

9 November 2025

Sukkel jy met seerkry, aanstoot of het jy verlies beleef? Kom ervaar jou vryheid by die Fresh Start Kursus vir 4 Dinsdae in April (8,15,22,29) om 19.00 - 21.00. Registreer voor 31 Maart by info@diebron.co.za

09.11

Boeta Aande

9 November 2025

Ons gewilde Boeta Aande is terug - 3 Maandae in 'n ry 10,17 & 24 Maart om 18.45 - 21.00 by Die Bron. Rou & Real onderwerpe vir mans word hanteer. Sien jou daar!