29.08

Raak deel van 'n selgroep

Ons selgroepe is waar kerk prakties word. Dit is waar ons mekaar opbou en ondersteun. Ons ‘fellowship’ met mekaar as deel van die liggaam van Christus is nodig vir ons geestelike ontwikkeling en groei. Jesus het ons aangemoedig om nie die byeenkomste van die gelowiges te versuim nie omdat Hy die waarde daarvan verstaan. Hier word die Woord ook prakties in die vorm van gemeenskapsprojekte.

Ons selgroepe behandel tans die boek van Jakobus, hoofstuk vir hoofstuk, vers vir vers. Kom sluit aan en groei in jou kennis van God en Sy Woord!

Daar is verskeie selgroepe regoor die Kaap waar jy kan betrokke raak soos ‘n mans sel, vroueselle, ‘n oggendsel vir seniors, young adult sel, gemengde groepe, Rise verslawings ondersteunings sel en selgroepe vir Tieners so kontak gerus vir info@diebron.co.za vir meer inligting.

 

Deel met vriende

Vorige Byeenkomste

29.08

Potgooi & Live stream

29 August 2026

Sondae se audio diens is gratis beskikbaar op Potgooi! Jy hoef niks te mis nie, kan elke boodskap luister wanneer jy wil, asook 'share' met familie/vriende oral. Klik vir meer info. Elke Sondag oggenddiens om 10.00 word ook ge-livestream op YouTube https://www.youtube.com/@diebron/streams

21.08

Vrae lei na groei

21 August 2026

Die Bron Vrouenaweek vind plaas Vrydagaand 21 Augustus om 19.00 en Saterdag 22 Augustus 09.00 - 13.00 met die tema: VRAE LEI NA GROEI, waar ons saam gaan gesels en groei uit die Woord oor God se vrae aan ons en ons s'n aan Hom. Klik hier om te registreer

23.07

Huweliks Kursus

23 July 2026

Henry & Justine Pike bied 'n voorhuweliks- of 'Refreshers' Huweliks Kursus aan Donderdag- en Vrydagaand 23 & 24 Julie en Saterdagoggend 25 Julie in die Funksie lokaal Bespreek by henry@diebron.co.za Belê in jou huwelik en sien die vrug daarvan in jou lewe!

25.05

Vat Woord Kort Kursus

25 May 2026

Kom woon ons Vat Woord Kort Kursus by waar Gary spesifiek gaan gesels uit die Woord oor Jesus in die Ou Testament Deel 2. Maandagaand 25 Mei is die laaste in die reeks om 19.00 Almal welkom, toegang gratis