21.08

Vrae lei na groei

Die Bron Kerk Willowbridge Winkelsentrum

Die Bron Vrouenaweek vind plaas Vrydagaand 21 Augustus om 19.00 en Saterdag 22 Augustus 09.00 – 13.00 met die tema: VRAE LEI NA GROEI, waar ons saam gaan gesels en groei uit die Woord oor God se vrae aan ons en ons s’n aan Hom.

Kom geniet ‘n lekker interaktiewe naweek waar ons as vrouens mekaar beter gaan leer ken en tyd saam met mekaar, in die Woord en in God se teenwoordigheid gaan spandeer. Alle vroue & hoërskool dogters welkom.

Koste: R100

Registreer vanaf 12 Julie tot 17 Augustus met onderstaande QR kode of kontak ons kantoor by info@diebron.co.za Registrasie word bevestig deur bewys van betaling te stuur na info@diebron.co.za

 

 

Deel met vriende

Vorige Byeenkomste

18.07

Potgooi & Live stream

18 July 2026

Sondae se audio diens is gratis beskikbaar op Potgooi! Jy hoef niks te mis nie, kan elke boodskap luister wanneer jy wil, asook 'share' met familie/vriende oral. Klik vir meer info. Elke Sondag oggenddiens om 10.00 word ook ge-livestream op YouTube https://www.youtube.com/@diebron/streams

25.05

Vat Woord Kort Kursus

25 May 2026

Kom woon ons Vat Woord Kort Kursus by waar Gary spesifiek gaan gesels uit die Woord oor Jesus in die Ou Testament Deel 2. Maandagaand 25 Mei is die laaste in die reeks om 19.00 Almal welkom, toegang gratis

30.05

God & Geld Seminaar

30 May 2026

Die God & Geld Seminaar, aangebied deur Wilco Naumann, is 'n praktiese oggend waar ons gaan kyk na God se hart en beginsels rondom geld en die bestuur daarvan. Kom leer oa meer oor 'n gesonde finansiële fondasie en hoe om vry te kom van skuld. Registreer op Church Centre of kontak info@diebron.co.za

19.05

Pinkster 2026

19 May 2026

Die Heilige Gees gee ons krag, gawes en vrug om te getuig van Jesus. Kom ons vier Hom saam elke aand Maandag 18 Mei tot Woensdagaand 20 Mei om 19.00. Nooi gerus iemand saam!