19.08

FIRE KIDS Opleiding

FIRE KIDS lokaal in Willowbridge, langs die Bron Kerk

Ons FIRE KIDS is so honger vir God, lief vir Jesus en verwelkom en vloei in die Heilige Gees.  Ons visie is Spreuke 22:6,

“Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.”

Ons doel is om met waarhede oor God te begin in ons babaklas, 0 – 2 jaar oud, en teen die tyd wat ‘n kind FIRE KIDS verlaat aan die einde van Gr7, hulle wedergebore, gedoop en Gees vervuld is, reg om die lewe aan te vat en die wêreld te verander soos wat Jesus ons gewys het.

Raak deel van ons ‘amazing’ volunteer span wat hardloop met hierdie visie, daar is verkeie plekke om te dien by Fire Kids.

Ons volgende volunteer opleiding vind plaas op Saterdag 19 Augustus van 09.00 – 15.00  

Scan die barcode hier onder of stuur ‘n epos na firekidswerkers@diebron.co.za

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deel met vriende

Vorige Byeenkomste

30.08

Potgooi & Live stream

30 August 2026

Sondae se audio diens is gratis beskikbaar op Potgooi! Jy hoef niks te mis nie, kan elke boodskap luister wanneer jy wil, asook 'share' met familie/vriende oral. Klik vir meer info. Elke Sondag oggenddiens om 10.00 word ook ge-livestream op YouTube https://www.youtube.com/@diebron/streams

21.08

Vrae lei na groei

21 August 2026

Die Bron Vrouenaweek vind plaas Vrydagaand 21 Augustus om 19.00 en Saterdag 22 Augustus 09.00 - 13.00 met die tema: VRAE LEI NA GROEI, waar ons saam gaan gesels en groei uit die Woord oor God se vrae aan ons en ons s'n aan Hom. Klik hier om te registreer

23.07

Huweliks Kursus

23 July 2026

Henry & Justine Pike bied 'n voorhuweliks- of 'Refreshers' Huweliks Kursus aan Donderdag- en Vrydagaand 23 & 24 Julie en Saterdagoggend 25 Julie in die Funksie lokaal Bespreek by henry@diebron.co.za Belê in jou huwelik en sien die vrug daarvan in jou lewe!

25.05

Vat Woord Kort Kursus

25 May 2026

Kom woon ons Vat Woord Kort Kursus by waar Gary spesifiek gaan gesels uit die Woord oor Jesus in die Ou Testament Deel 2. Maandagaand 25 Mei is die laaste in die reeks om 19.00 Almal welkom, toegang gratis