19.08

FIRE KIDS Opleiding

FIRE KIDS lokaal in Willowbridge, langs die Bron Kerk

Ons FIRE KIDS is so honger vir God, lief vir Jesus en verwelkom en vloei in die Heilige Gees.  Ons visie is Spreuke 22:6,

“Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.”

Ons doel is om met waarhede oor God te begin in ons babaklas, 0 – 2 jaar oud, en teen die tyd wat ‘n kind FIRE KIDS verlaat aan die einde van Gr7, hulle wedergebore, gedoop en Gees vervuld is, reg om die lewe aan te vat en die wêreld te verander soos wat Jesus ons gewys het.

Raak deel van ons ‘amazing’ volunteer span wat hardloop met hierdie visie, daar is verkeie plekke om te dien by Fire Kids.

Ons volgende volunteer opleiding vind plaas op Saterdag 19 Augustus van 09.00 – 15.00  

Scan die barcode hier onder of stuur ‘n epos na firekidswerkers@diebron.co.za

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deel met vriende

Vorige Byeenkomste

15.10

Huweliks Kursus

15 October 2026

Belê doelbewus in julle huwelik met Die Bron se voorhuweliks- of “Refreshers”-huwelikskursus op 15, 16 & 17 Oktober by die Bron Lokaal. Aangebied deur Henry Pike, bespreek by henry@diebron.co.za en beleef die vrug van ’n sterker huwelik!

25.10

Vas saam met ons

25 October 2026

Ons gaan saam as gemeente ’n tyd van Vas & Gebed binne — elke Woensdag, heeldag. Ons vas nie vir ons eie deurbrake nie, maar om God te soek, Hom beter te leer ken en ruimte te maak om Sy stem te hoor. Ons lees ook 'n nuwe Bybel leesplan uit Galasiers, klik vir meer inligting

25.10

INVASION YOUTH Nuwe Tye

25 October 2026

INVASION YOUTH se nuwe tye is Vrydagaande van 19:00 - 21:00 in Die Bron Teater! Nou kan ons Gr 8-12's Vrydae aande die Jeug bywoon en Sondae of die dienste bywoon of betrokke raak by FIREKIDS as Teamfire Volunteers. Nie tydens vakansie of langnaweke nie

25.10

Potgooi & Live stream

25 October 2026

Sondae se audio diens is gratis beskikbaar op Potgooi! Jy hoef niks te mis nie, kan elke boodskap luister wanneer jy wil, asook 'share' met familie/vriende oral. Klik vir meer info. Elke Sondag oggenddiens om 10.00 word ook ge-livestream op YouTube https://www.youtube.com/@diebron/streams