Die Bron Kerk & Teater Willowbridge Winkelsentrum
Uit ons eie geledere het daar reeds soveel kreatiewe materiaal te voorskyn gekom. Henry Pike het drie CD’s naamlik ‘Altyd Daar’, ‘Third Day Tribute’ sowel as ‘It’s Time’ vrygestel wat oorspronklike asook bekende aanbiddingsliedere bevat. Die Bron CD – ‘Here with me’ is ‘n samestelling van oorspronklike liedjies geskryf deur ons eie sangers en liedjieskrywers, Warren Elliott se ‘Mighty Men’ CD met oorspronklike liedere op asook die gewilde ‘Mighty Men Anthum’ is ook beskikbaar.
Uit Justine Pike se pen is daar ‘n boek beskikbaar ‘Leeg’ wat handel oor God se troos vir gesinne wat ‘n Miskraam of enige vorm van geboorteverlies ervaar het. Hierdie boek is ‘n wonderlike hulpmiddel om genesing te ontvang van gees, siel en liggaam na so ‘n tragiese verlies.
Die cd’s en boek is beskikbaar elke Sondagoggend by die infotoonbank wanneer dienste weer oop is by beide oggenddienste by Die Bron 08.00 & 10.00


12 September 2026
Sondae se audio diens is gratis beskikbaar op Potgooi! Jy hoef niks te mis nie, kan elke boodskap luister wanneer jy wil, asook 'share' met familie/vriende oral. Klik vir meer info. Elke Sondag oggenddiens om 10.00 word ook ge-livestream op YouTube https://www.youtube.com/@diebron/streams

21 August 2026
Die Bron Vrouenaweek vind plaas Vrydagaand 21 Augustus om 19.00 en Saterdag 22 Augustus 09.00 - 13.00 met die tema: VRAE LEI NA GROEI, waar ons saam gaan gesels en groei uit die Woord oor God se vrae aan ons en ons s'n aan Hom. Klik hier om te registreer

23 July 2026
Henry & Justine Pike bied 'n voorhuweliks- of 'Refreshers' Huweliks Kursus aan Donderdag- en Vrydagaand 23 & 24 Julie en Saterdagoggend 25 Julie in die Funksie lokaal Bespreek by henry@diebron.co.za Belê in jou huwelik en sien die vrug daarvan in jou lewe!

25 May 2026
Kom woon ons Vat Woord Kort Kursus by waar Gary spesifiek gaan gesels uit die Woord oor Jesus in die Ou Testament Deel 2. Maandagaand 25 Mei is die laaste in die reeks om 19.00 Almal welkom, toegang gratis