Die doop vind plaas by Die Bron Gemeente
Na die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2 preek Petrus en die gehoor is diep getref (Hand 2:37) en hulle vra: Wat moet ons doen? Waarop Petrus antwoord: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Vir almal wat graag gedoop wil word of as jy net meer wil weet oor wat die Woord sê aangaande die gelowige doop, woon ons Doop en Invulling van die Heilige Gees inligtingsessie by op Dinsdag 14 April om 19.00 in die Funksie lokaal by Die Bron.
Die volgende doopgeleentheid is Sondag 19 April 2026. Registreer op die app Church Centre of kontak info@diebron.co.za om te registreer


12 September 2026
Sondae se audio diens is gratis beskikbaar op Potgooi! Jy hoef niks te mis nie, kan elke boodskap luister wanneer jy wil, asook 'share' met familie/vriende oral. Klik vir meer info. Elke Sondag oggenddiens om 10.00 word ook ge-livestream op YouTube https://www.youtube.com/@diebron/streams

21 August 2026
Die Bron Vrouenaweek vind plaas Vrydagaand 21 Augustus om 19.00 en Saterdag 22 Augustus 09.00 - 13.00 met die tema: VRAE LEI NA GROEI, waar ons saam gaan gesels en groei uit die Woord oor God se vrae aan ons en ons s'n aan Hom. Klik hier om te registreer

23 July 2026
Henry & Justine Pike bied 'n voorhuweliks- of 'Refreshers' Huweliks Kursus aan Donderdag- en Vrydagaand 23 & 24 Julie en Saterdagoggend 25 Julie in die Funksie lokaal Bespreek by henry@diebron.co.za Belê in jou huwelik en sien die vrug daarvan in jou lewe!

25 May 2026
Kom woon ons Vat Woord Kort Kursus by waar Gary spesifiek gaan gesels uit die Woord oor Jesus in die Ou Testament Deel 2. Maandagaand 25 Mei is die laaste in die reeks om 19.00 Almal welkom, toegang gratis