Kontak info@diebron.co.za vir die adres waar doopgeleentheid plaasvind
Na die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2 preek Petrus en die gehoor is diep getref (Hand 2:37) en hulle vra: Wat moet ons doen? Waarop Petrus antwoord: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Vir almal wat graag gedoop wil word of as jy net meer wil weet oor wat die Woord sê aangaande die gelowige doop, woon ons Doop inligtingsessie by op Dinsdag 3 September om 19.00 in die Funksie lokaal by Die Bron.
Die volgende doopgeleentheid is Sondag 8 September. Kontak info@diebron.co.za om te registreer voor 26 Augustus.
Sondagaand 8 September om 18.00 vind daar dan ook ‘n Fokusaand plaas by Die Bron waar daar gefokus word op die invulling van die Heilige Gees vir elkeen wat gedoop is. Dit is ook oop vir almal.
8 September 2024
Handeling 2:38 sê - Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word. Die volgende doop geleentheid is Sondag 8 Sept met 'n Fokusaand die aand 18.00. Daar is 'n inligtings sessie wat die Woord sê oor gelowige Doop - Dinsdag 3 Sept om 19.00 by Die Bron in die Funksie lokaal
28 August 2024
Ons skep graag 'n geleentheid waar ons as gemeente 'n hele aand in God se teenwoordigheid kan wees en Hom saam aanbid. Kom geniet die worshipaand saam met ons en laat toe dat Hy jou aanraak deur Sy Gees. Woensdag 28 Augustus om 19.00
6 February 2025
Daar is 'n ondersteunings selgroep by Die Bron genaamd - Rise. Dit is spesifiek om persone & families te help met die uitdagings van verslawing. As jy belangstel, stuur 'n epos na info@diebron.co.za
6 February 2025
Nuwe, vars, oorspronklike materiaal gebore uit Die Bron Gemeente. Kom koop jou CD of boek elke Sondagoggend by die info toonbank 08.00 & 10.00