Bly op hoogte van wat by Die Bron gebeur. Volg ons webtuiste www.diebron.co.za, sosiale media @diebronkerk op facebook, instagram en Youtube. Daar’s ook potgooie beskikbaar by Podbean & ‘n whatsapp groep waar jy ‘links’ na die dienste kan ontvang. Vir verdere info kontak info@diebron.co.za


23 July 2026
Henry & Justine Pike bied 'n voorhuweliks- of 'Refreshers' Huweliks Kursus aan Donderdag- en Vrydagaand 23 & 24 Julie en Saterdagoggend 25 Julie in die Funksie lokaal Bespreek by henry@diebron.co.za Belê in jou huwelik en sien die vrug daarvan in jou lewe!

25 May 2026
Kom woon ons Vat Woord Kort Kursus by waar Gary spesifiek gaan gesels uit die Woord oor Jesus in die Ou Testament Deel 2. Maandagaand 25 Mei is die laaste in die reeks om 19.00 Almal welkom, toegang gratis

30 May 2026
Die God & Geld Seminaar, aangebied deur Wilco Naumann, is 'n praktiese oggend waar ons gaan kyk na God se hart en beginsels rondom geld en die bestuur daarvan. Kom leer oa meer oor 'n gesonde finansiële fondasie en hoe om vry te kom van skuld. Registreer op Church Centre of kontak info@diebron.co.za

19 May 2026
Die Heilige Gees gee ons krag, gawes en vrug om te getuig van Jesus. Kom ons vier Hom saam elke aand Maandag 18 Mei tot Woensdagaand 20 Mei om 19.00. Nooi gerus iemand saam!