Kies jou taal: Eng Afr

Dis tyd om te bid

5 Jul 2016

Bron Aanbidding

5 Jul 2024

Welkom by Die Bron

Die Bron is ’n hoofsaaklik Afrikaanse, Woordgebaseerde gemeente in Tygervallei en deel van die liggaam van Christus. Ons bemoedig gelowiges om hulle geloof in God se Woord te aktiveer en ’n dieper pad met God te stap, sodat ons saam kan groei om meer soos Jesus te word.

Kom kuier saam en word deel van ons gemeente-familie! Ons Sondae dienste is om 08:00 en 10:00, met kinderkerk tydens die 10:00-diens. Deur die week is daar ook verskeie selgroepe, Tiener- en ander bedieninge, kort kursusse en groepe waar jy mense kan leer ken en saam kan groei.

Luister ook na Henry Pike se “Dis hoe dit is” radioprogram Dinsdagaande 21:00–22:00 op Tygerberg 104FM. Ons 10:00-diens word ook elke Sondag aanlyn uitgesaai by link https://www.youtube.com/@diebron/streams  – maar as jy naby is, kom ervaar die warmte van gemeentelewe en kuier persoonlik saam met ons!

Byeenkomste

27.11

Time Machine

27 November 2026

DIE BRON BAND NOOI JOU UIT OP ’N MUSIKALE REIS DEUR TYD! Kom geniet ’n aand vol treffers uit die dekades, en ondersteun Die Bron band se fondsinsameling vir nuwe toerusting, 27 & 28 November 19:00, Volwassenes: R120 | Kinders onder 12: R60 Kaartjies beskikbaar op iTickets
meer

05.10

Boeta Aande

5 October 2026

Manne, kom sluit aan by ons Boeta Aande, die eerste Maandag van elke maand vir drie maande om 19:00! Ontdek hoe jy volgens God se Woord ’n invloed op toekomstige generasies kan hê, aangebied deur Gary Kieswetter. meer

15.10

Huweliks Kursus

15 October 2026

Belê doelbewus in julle huwelik met Die Bron se voorhuweliks- of “Refreshers”-huwelikskursus op 15, 16 & 17 Oktober by die Bron Lokaal. Aangebied deur Henry Pike, bespreek by henry@diebron.co.za en beleef die vrug van ’n sterker huwelik! meer

02.10

Raak deel van 'n selgroep

2 October 2026

Selgroepe is waar kerk prakties word en ons saam groei. Bou geloof, vriendskappe en gemeenskap & ontdek God se Woord en leef dit saam uit. Daar is ’n plek vir jou – kom sluit aan! Kontak info@diebron.co.za meer