Kies jou taal: Eng Afr

Dis tyd om te bid

5 Jul 2016

Bron Aanbidding

5 Jul 2024

Welkom by Die Bron

Die Bron is hoofsaaklik ‘n Afrikaanse Woordgebaseerde gemeente in Tygervallei wat deel is van die liggaam van Christus.  Hier word gelowiges bemoedig om hulle geloof te aktiveer in Sy Woord en elkeen ‘n dieper pad te stap in hulle verhouding met God, sodat ons saam kan groei om meer soos Jesus te word.

Kom besoek ons gerus op Sondae 08.00 of 10.00. Luister ook na Henry Pike se radioprogram Kerk sonder mure Dinsdagaande 21.00 – 22.00  op Tygerberg 104FM. Elke Sondag 10.00 diens word ook ge-livestream op link https://www.youtube.com/@diebron/streams  Ons nooi jou dus om online by ons aan te sluit elke Sondag, as jy ver bly!

Byeenkomste

30.05

God & Geld Seminaar

30 May 2026

Die God & Geld Seminaar, aangebied deur Wilco Naumann, is 'n praktiese oggend waar ons gaan kyk na God se hart en beginsels rondom geld en die bestuur daarvan. Kom leer oa meer oor 'n gesonde finansiële fondasie en hoe om vry te kom van skuld. Registreer op Church Centre of kontak info@diebron.co.za meer

14.06

Raak deel van 'n selgroep

14 June 2026

Selgroepe is waar kerk prakties word en ons mekaar ondersteun en opbou. Kontak ons kantoor om uit te vind van 'n selgroep vir jou! Daar is 'n groot verskeidenheid selle waar jy kan inskakel. meer

14.06

Potgooi & Live stream

14 June 2026

Sondae se audio diens is gratis beskikbaar op Potgooi! Jy hoef niks te mis nie, kan elke boodskap luister wanneer jy wil, asook 'share' met familie/vriende oral. Klik vir meer info. Elke Sondag oggenddiens om 10.00 word ook ge-livestream op YouTube https://www.youtube.com/@diebron/streams meer

23.07

Huweliks Kursus

23 July 2026

Henry & Justine Pike bied 'n voorhuweliks- of 'Refreshers' Huweliks Kursus aan Donderdag- en Vrydagaand 23 & 24 Julie en Saterdagoggend 25 Julie in die Funksie lokaal Bespreek by henry@diebron.co.za Belê in jou huwelik en sien die vrug daarvan in jou lewe! meer

    Sluit aan by ons e-pos lys