Die Bron Kerk & Teater, Willowbridge Winkelsentrum, Tygervallei
Ons nooi jou uit om op Woensdagaand 28 Augustus saam met ons ń aand van aanbidding te kom beleef. Ons gaan God aanbid en vertrou om te sien hoe Hy in mense se lewens beweeg soos ons in Sy teenwoordigheid saam worship. Woensdagaand 28 Augustus om 19.00 – 20.30
Sien jou daar!


25 May 2026
Kom woon ons Vat Woord Kort Kursus by waar Gary spesifiek gaan gesels uit die Woord oor Jesus in die Ou Testament Deel 2. Maandagaand 25 Mei is die laaste in die reeks om 19.00 Almal welkom, toegang gratis

19 May 2026
Die Heilige Gees gee ons krag, gawes en vrug om te getuig van Jesus. Kom ons vier Hom saam elke aand Maandag 18 Mei tot Woensdagaand 20 Mei om 19.00. Nooi gerus iemand saam!

14 May 2026
Kom vier saam met ons hoe Jesus Sy regmatige plek van eer ingeneem het langs die Vader by ons Hemelvaardiens en kom leer wat dit vir ons beteken vandag, Donderdagaand die 14de Mei 2026 om 19.00 - 20.00

19 April 2026
Handeling 2:38 sê - Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word. Die volgende doop geleentheid is Sondag 19 April. Daar is 'n inligtings sessie wat die Woord sê oor gelowige Doop en invulling van die Heilige Gees - Dinsdag 14 April om 19.00 by Die Bron in die Funksie lokaal