06.02

Rise Ondersteunings Selgroep

Bron Lokaal Die Bron Kerk

Verslawing is ‘n baie moeilike uitdaging vir enige familie, maar met die regte ondersteuning en hulp, kan daar hoop, genesing en herstel plaasvind. Met selleiers wat ervaring het op hierdie gebied, word daar ‘n veilige spasie geskep, waar daar vanuit ‘n nie-veroordelende oogpunt ‘n geleentheid geskep word vir families om hulle struggles eerlik met mekaar te kan deel. Daar word ook baie praktiese advies gedeel.

Die selgroep vind plaas Dinsdae om 19.00 in Die Bron lokaal.

Vir meer inligting, kontak gerus ons kantoor by info@diebron.co.za

 

Deel met vriende

Vorige Byeenkomste

08.09

Doop + Infosessie + Fokusaand

8 September 2024

Handeling 2:38 sê - Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word. Die volgende doop geleentheid is Sondag 8 Sept met 'n Fokusaand die aand 18.00. Daar is 'n inligtings sessie wat die Woord sê oor gelowige Doop - Dinsdag 3 Sept om 19.00 by Die Bron in die Funksie lokaal

28.08

Worship Aand

28 August 2024

Ons skep graag 'n geleentheid waar ons as gemeente 'n hele aand in God se teenwoordigheid kan wees en Hom saam aanbid. Kom geniet die worshipaand saam met ons en laat toe dat Hy jou aanraak deur Sy Gees. Woensdag 28 Augustus om 19.00

06.02

Rise Ondersteunings Selgroep

6 February 2025

Daar is 'n ondersteunings selgroep by Die Bron genaamd - Rise. Dit is spesifiek om persone & families te help met die uitdagings van verslawing. As jy belangstel, stuur 'n epos na info@diebron.co.za

06.02

Bronwinkel

6 February 2025

Nuwe, vars, oorspronklike materiaal gebore uit Die Bron Gemeente. Kom koop jou CD of boek elke Sondagoggend by die info toonbank 08.00 & 10.00