Die Bron lokaal langs die Ou Barnyard Teater in Willowbridge
Net soos ‘n kind moet leer om ‘n emotionele intelligensie te ontwikkel om sy emosies te leer verstaan so moet hulle ook leer om ‘n Geestelike intelligensie op te bou in hulle verhouding met God, hulleself en andere.
Ons bied ‘n Geestelike Intelligensie kursus aan vir ouers met laerskoolkinders of enige een wat met kinders werk op Saterdag 31 Augustus van 09.00 – 13.00 Kom leer hoe om hulle te leer om nie net te oorleef nie maar sterk te wees in hulle geesmens.
Kostes: R100 pp
Betalingsopsies: Registreer met kontant betaling Sondae oggende by die infotoonbank tydens die dienste (08.00 & 09.45) Óf registreer met bewys van betaling na info@diebron.co.za (betalings in Bron rekening verw: Jou naam en GI )
DAAR IS BEPERKTE PLEK SO REGISTREER SO SPOEDIG MOONTLIK
25 December 2020
Agv die besluit om fisiese dienste eers te staak, sal die Kersdag diens SLEGS aanlyn plaasvind en die produksie sal oorstaan tot 'n latere geleentheid. Sluit by ons aan op Kersdag 25 Desember om 10.00 op facebook - https://www.facebook.com/diebronkerk
9 March 2021
Alhoewel ons dienste weer oop is, is daar steeds sekere aanlyn bediening beskikbaar. Kyk gerus na die program vir al die detail.
9 March 2021
Ek deel graag 'n gratis rowwe draft van my boek - Hou aan aanhou. Dit sal slegs beskikbaar wees tydens die lockdown om te gebruik as Bybelstudie - Rhona Kieswetter
18 March 2020
Agv nuwe wetgewing is hierdie event gekanseleer, hou gerus ons facebook bladsy dop vir aanlyn boodskappe!