Die Bron Teater, Willowbridge Winkelsentrum Tygervallei
Ons nooi alle besigheidsmanne en -vroue asook entrepreneurs na ons Executive Business Mentoring groep eenmaal ‘n maand op ‘n Vrydagoggend van 06.00-07.00 by Die Bron. Dit word gelei deur ‘n forum van gesoute, ervare en baie suksesvolle besigheidsmense wat spesifieke temas bespreek vanuit hulle ervaring en wysheid. Hierdie is ‘n baie waardevolle geleentheid om ‘n inkykie te hê in goddelike, suksesvolle besigheidsmense se modus operandi.
Kom kry jou koffie vanaf 05.45 by Die Bron.
Toegang is gratis, maar registrasie is noodsaaklik by info@diebron.co.za
19 June 2025
Sukkel jy met seerkry, aanstoot of het jy verlies beleef? Kom ervaar jou vryheid by die Fresh Start Kursus vir 4 Dinsdae in April (8,15,22,29) om 19.00 - 21.00. Registreer voor 31 Maart by info@diebron.co.za
19 June 2025
Ons gewilde Boeta Aande is terug - 3 Maandae in 'n ry 10,17 & 24 Maart om 18.45 - 21.00 by Die Bron. Rou & Real onderwerpe vir mans word hanteer. Sien jou daar!
14 March 2025
Ons bied 'n basiese Sozo opleiding aan 14-15 Maart by Die Bron. Kom kry innerlike genesing vir jouself of word opgelei om deel te word van ons Sozo bedieningspan. Kontak info@diebron.co.za voor 10 Maart om deel te neem.
8 September 2024
Handeling 2:38 sê - Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word. Die volgende doop geleentheid is Sondag 8 Sept met 'n Fokusaand die aand 18.00. Daar is 'n inligtings sessie wat die Woord sê oor gelowige Doop - Dinsdag 3 Sept om 19.00 by Die Bron in die Funksie lokaal