14.07

Elevation Generation tye verander

Sondae middae en aande – Die Bron lokaal en Die Bron @ Barnyard Teater

 

God is besig om ’n nuwe generasie in hierdie wêreld op te rig. By Elevation Generation leer ons hierdie generasie tieners hoe om in ware verhouding en intimiteit met Jesus en ander te leef. Ons bestaan sodat jongmense lewens-veranderende ontmoetings met God kan hê en deur Heilige Gees bemagtig kan word om herlewing in hulle wêreld te bring! Ons het baie “fun”, maar ons fokus bly altyd aanbidding van God. Ons bou gemeenskap in kleingroepe, kampe, dienste, socials en uitreike, en geniet saam die teenwoordigheid van God!

Daar is groot veranderinge wat voorlê by Elevation Generation, want ons skuif na ‘n ander tydgleuf! Vanaf die 3de kwartaal van Sondag 14 Julie 2019 is ons hoof byeenkomste op Sondae middae! Dit gaan wees vanaf 17:30-20:00. Ons begin 17:30-18:30 met kleingroepe, fun en teachings in die Bronlokaal, en skuif daarna oor na die Kerk waar ons saam in die aanddiens worship en bedien! Registrasie begin 17:15 elke Sondag! Sien julle daar!

 

Deel met vriende

Facebook Twitter Plusone Linkedin

Vorige Byeenkomste

31.05

Voorhuwelikse Kursus

31 May 2019

Alle verloofde paartjies, kom belê in jou huwelik! 31Mei - 1Junie in Die Bron lokaal. Registrasie noodsaaklik by info@diebron.co.za Kostes: R1000 per paartjie

18.05

Step Up Ouers: Geestelike Intelligensie Kursus

18 May 2019

Ouers met laerskoolkinders of werk jy met kinders? - Ons bied 'n Geestelike Intelligensie kursus, Bron lokaal Saterdag 18 Mei 09.00 - 12.00 aan. Leer om prakties jóú kind te leer om in geestelike oorwinning te staan. Beperkte plek!

16.06

Aanddienste by Die Bron

16 June 2019

Kom woon ons aanddienste by wat baie gerig word op jong volwassenes en enige iemand wat honger is vir die beweging van Heilige Gees in hulle lewens. Elke Sondagaand om 18.30

09.04

Doop + infosessie

9 April 2019

Handeling 2:38 sê - Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word. Daar is 'n inligtings sessie oor wat die Woord sê oor gelowige Doop op Dinsdag 9 April om 19.00 in die Bron lokaal. Ons volgende doopgeleentheid is Sondag 14 April.