Vat Woord – Die Bron Woordskool

Vat Woord en die Woord vat jou

Wat dit behels

Meer Inligting

Registrasie vir Vat Woord is nou gesluit, hou egter hierdie website dop vir die volgende Vat Woord inname

Vat Woord is Die Bron se splinternuwe deeltydse Woordskool wat gaan plaasvind elke Maandagaand van 14 Januarie – 25 November 2019 van 19.00 – 21.00 tydens skoolkwartale.

Ons gaan saam leer deur middel van in-diepte Woordstudie, vrae en antwoorde, aktiverings, groepwerk en selfs ‘n bietjie huiswerk.

  • Kom vat die Woord tot die punt waar die Woord jou vat
  • Laat jou lewe, jou denke en jou aksies in lyn kom met God se Woord
  • Word hardkoppig in jou oortuiging van God se liefde vir jou
  • Wees intiem met die Vader, Seun en Heilige Gees
  • Word geaktiveer en gemotiveer deur die nuwe wyn om in die krag van God te lewe

 

Kostes: R2400 pp per jaar

Betalingsopsies:

Volledige bedrag eenmalig – R2400 per persoon per jaar óf

Maandelikse debietorder – R200 per persoon per maand vir 12 maande

Registrasie vir 2019 innames sluit 7 Desember 2018

Registreer elektronies vir Vat Woord hier onder en klik ook op die link in die vorm om jou debietorderopdrag af te laai.

Vul asb. een registrasievorm per persoon in

 

Registrasievorm

A. Persoonlike Inligting



B. Finansiële Inligting

Vat Woord fooie beloop R2400 per jaar met twee betalingsopsies

Wat is jou keuse van betaling? Eenmalig Debietorder 

Eenmalig : Betaal asb jou eenmalige betaling in Die Bron rekening en epos bewys van betaling na info@diebron.co.za sodra jy hierdie registrasievorm gestuur het.

First National Bank (FNB)
Rekeningnaam: Die Bron
Rek No: 62318713006
Takkode: 260 217
Verwysing: VW & Van

DebietOrder : R200 per persoon per maand vir 12 Maande (Begin 1 Januarie 2019 en eindig 1 Desember 2019). Klik asb op Vat Woord Debietordervorm, druk dit uit, voltooi en epos na info@diebron.co.za sodra jy hierdie registrasievorm gestuur het.

C. Geestelike Inligting

1. Vertel ons kortliks van jou bekerings getuienis

2. Wat is jou verwagting van die Woordskool?

3. Weet jy al waar jou passie in bediening lê?

 

 

Registrasie- en debietorderopdrag vorms is ook beskikbaar by die info toonbank Sondae oggende by Die Bron om 08.00 & 09.45

Vir enige verdere navrae kontak info@diebron.co.za