Elevation Generation

Koninkryk Ambassadeurs

Wat dit behels

Meer Inligting

God is besig om ’n nuwe generasie in hierdie wêreld op te rig. ’n Generasie van ware Christus ambassadeurs. ’n Generasie wat loop soos Hy op aarde geloop het. Vry van self en vol van Sy Gees, leef hierdie generasie vir die uitbreiding en verkondiging van Sy koninkryk,  nie net  in woord nie, maar deur ’n lewenstyl wat Jesus verkondig. By Elevation Generation leer ons hoe om in ware verhouding met Jesus en ander te leef. Ons daag mekaar uit om ’n impak te maak in die omgewing waarbinne ons leef deur die Geestelike gawes en outoriteit wat Jesus vir ons as erfenis gegee het, te beoefen en te ontwikkel. Ons besef dat ons die hande en die voete van Jesus nou, hier op aarde is en dat ons deur Hom die hoop vir ’n beter wêreld is.

Elevation Generation

Elevation Generation Tienerdienste

Gr 8-12

Nuwe tye – Tienersel

Woensdagaande 18.30 – 20.00
Die Bron Lokaal, Willowbridge

Sondagaanddienste word ook van 2019 af ingerig vir jongmense – kom kyk gerus vanaf 13 Januarie om 18.30

KLASSE IS GESLUIT TYDENS SKOOLVAKANSIES

 

Vir meer inligting kontak

E: info@diebron.co.za