Kreatiewe Kunste en Produksies

Kreatiewe Vader, kreatiewe kinders

Wat dit behels

Meer Inligting

Wanneer ons rondom ons kyk sien ons eindelose variasies van kleur, klank, geur, beweging en lewe. Die heelal en al sy prag getuig dus van ‘n Skepper wat Sy liefde en voorsiening vir die mens op ‘n uiters kreatiewe wyse kom uitdruk het. Wanneer die Woord sê dat ons in Sy beeld geskape is, kan ons aanneem dat Hy ook Sy kreatiwiteit in ons geplaas het om so uitdrukking te gee aan dit wat ons ervaar. Daarom wil ons die kunste terugbring as kreatiewe uitdrukking van ons liefde vir Hom en van dit wat die Heilige Gees in ons binneste wakker maak wanneer ons Hom aanbid.

Vir meer inligting kontak

Monya van Staden

E: monya@diebron.co.za