Die Step Up 101 kursus aktiveer gelowiges in herlewingskultuur. Dit is gebou op die fondasie van God se goedheid en Sy liefde en word spesifiek aangebied vir nuwe lede. Dit stel die gelowige in staat om ‘n bonatuurlike lewe te lei gemotiveer deur passie en liefde in plaas van een van strewe en werke. Mense word geaktiveer om God se stem te hoor, te profeteer, vir siekes te bid en al die gawes te gebruik wat God in hulle geplaas het.

Vir die volgende Step Up 101 kursus datum, kontak die kantoor by info@diebron.co.za