Welkom by Die Bron

Die Bron is hoofsaaklik ‘n Afrikaanse gemeente in Tygervallei wat deel is van die liggaam van Christus. Ons hart is om God se teenwoordigheid te ervaar en dat elkeen Sy heerlikheid sal reflekteer. Hier word gelowiges bemoedig om hulle geloof te aktiveer en deel te wees van die herlewing wat God bring in mense se lewens.

Kom besoek ons gerus op Sondae. Luister gerus ook na Henry Pike se radioprogram Kerk sonder mure Dinsdagaande 21.00 – 22.00  op Tygerberg 104FM

Byeenkomste

18.05

Step Up Ouers: Geestelike Intelligensie Kursus

18 May 2019

Ouers met laerskoolkinders of werk jy met kinders? - Ons bied 'n Geestelike Intelligensie kursus, Bron lokaal Saterdag 18 Mei 09.00 - 12.00 aan. Leer om prakties jóú kind te leer om in geestelike oorwinning te staan. Beperkte plek! meer

31.05

Voorhuwelikse Kursus

31 May 2019

Alle verloofde paartjies, kom belê in jou huwelik! 31Mei - 1Junie in Die Bron lokaal. Registrasie noodsaaklik by info@diebron.co.za Kostes: R1000 per paartjie meer

19.05

Aanddienste by Die Bron

19 May 2019

Kom woon ons aanddienste by wat baie gerig word op jong volwassenes en enige iemand wat honger is vir die beweging van Heilige Gees in hulle lewens. Elke Sondagaand om 18.30 meer

15.06

Camp Escape

15 June 2019

Vir alle Graad 8 - 12 Leerders! Die opwindende Camp Escape vind weer plaas hierdie jaar van 15-21 Junie. Kom en verdiep jou verhouding met Jesus deur middel van pret en avontuur. Kontak bestuur@campescape vir meer detail. Daar is verskeie betalings opsies meer